VERVANG DIE KNOPPIE OP DIE KARAVAAN SE HANDREM

Caravan handbrake knob replacement

Die knoppie op die karavaan se handrem kan ‘n nie-tegniese ou soos ek baie probleme gee as jy dit moet vervang.

Die knoppie op die karavaan se handrem is daar om die rem in plek te hou sodat jou karavaan nie wegloop nie.

As jy tegnies is soos die meeste kampeerders, is dit nie vir jou ‘n probleem om dit te vervang nie. Maar as jy tegnies gestremd is soos ek, dan moet jy advies kry as jy dit self moet doen.

Mike by Cocabana Canvas and Caravans in Oos London (Tel: 081 444 1720) het goeie leiding gegee toe ek die rooi knoppie net nie reg kon inkry nie.

Ons gesprek het so verloop:

Ek verduidelik dat die veer van die knoppie die ding elke keer laat uitspring sonder dat dit behoorlik wil indraai.

Mike met ‘n gesigsuitdrukking wat wys dat dit nie die eerste keer is wat hy diĆ© vraag kry nie: “Did you release the handbrake so that the lever is down?”
Ek: Yes.
Mike: “Next time, pull the brake lever up until it catches on the ratchet teeth. Then you use a self-tapping screw to make thread inside the red button just enough to allow the screw to catch the threading of the little thing inside the brake lever where it screws onto. Then you push the spring in with the red button. Because you pulled the brake up, you will have enough resistance to screw the red button onto the little thing inside the brake lever.”

So, dit is toe wat ek doen.

  • Trek die handrem van die karavaan op tot waar die rem mooi vasvat. (Ek moes hom met hand help)
  • Maak skroefdraad in die rooi knoppie met ‘n ander skroefie.
  • Druk die veertjie met die rooi knoppie in en draai die knoppie totdat dit vasvat.
  • Hou aan draai (dit vat nogal lank tot dit ver genoeg in is omdat die skroefdraad fyn is).
  • Draai nou die rooi knoppie uit totdat dit so is dat dit ruimte het om in te druk en uit die ratjie te haak. As jy dit te ver uitdraai, spring die knoppie weer uit! En as jy dit nie ver genoeg uitdraai nie, kan die knoppie nie in druk nie.

Jy sal weet wanneer dit reg is vir jou.

Dit lyk of ons karavaan se handrem nou weer reg werk. Ons hoop dit hou vir ‘n paar jaar.

Caravan handbrake knob replacement
Caravan handbrake knob replacement

COCABANA CANVAS AND CARAVANS