Kamper Kykers Vrywilliger Registrasie
Wanneer mense kamptoerusting aanlyn wil bestel help dit nie om te waarsku “moenie betaal sonder om te sien nie” veral as die produk in ‘n ander provinsie of dorp is.
Dis waarom ons iets prakties én gemeenskapsgedrewe nodig het.
“Help my kyk”-netwerk is ons bydrae om die risiko’s vir mekaar te verminder.
Dit is hier waar ons Facebook-lede en ander kampers hulle naam en dorp registreer as hulle bereid is om items namens iemand te gaan inspekteer, of te bevestig dat die verkoper wel bestaan.
Hoe dit werk:
- Jan in George wil ‘n karavaan koop in Centurion.
- Hy vra in die groep: “Is daar dalk ‘n AltydKamper naby Centurion wat vir my gou hierdie Sprite SC kan gaan kyk?”.
- Johan in Centurion bied aan, neem fotos, praat met die verkoper, gee terugvoer.
- Jan besluit daarna of hy verder wil gaan.
- Daar is nie betaling betrokke nie, die Kamper Kyker gee nie tegniese advies nie, en die Kamper Kyker asook Altydkampers gee geen waarborge nie.
As jy bereid is om ‘n Kamper Kyker te word, vul hierdie vorm in:
Hier is ‘n vrywaringsvorm wat Kamperkykers kan aflaai en saam met hulle “verslag” stuur indien hulle meer inligting gee as bloot dat die verkoper en die item wel bestaan.

Sluit aan by ons Facebook-groep.
Net promosies met waarde. Geen oordeel. Net egte raad.