WIE IS ALTYDKAMPERS?

AltydKampers is kampeerders wat deur die jaar kamp – ’n gemeenskap van kampliefhebbers.

Of jy elke Desember kamp, net naweke ontsnap, of met jou karavaan voltyds reis – hier vind jy praktiese raad, kamptydwenke, produkaanbevelings en stories van ander soos jy.

KAMP PAKLYS

Laai ons volledige AltydKampers Langtermyn Kamp Werkboek af – geskik vir alle kamptipes en seisoene. Dit sluit die basiese kamplys in.

AlrtydKampers Langtermyn Kamp Werkboek

HELP-MY-KYK

Registreer vir Help-my-Kyk,
‘n register van mense wat op hul dorpe
vir kopers van karavane bevestig dat die verkoper en die karavaan wel bestaan.

Registreer hier

As jy ‘n AmperKamper is wat oorweeg of beplan om te begin kamp, kies hier waaroor jy meer wil weet of kry hulp, inligting en advies op ons Facebook Groep. As jy eksklusief ‘n lankstaankamper is, gebruik gerus ons lankstaan webblad All Season Campers.

NAWEEK
KAMPER

Jy ontsnap net vir ‘n paar aande. Pak lig, slaap gemaklik, en kamp slim.

Wenke vir vinnige kamp voorbereidings

VAKANSIE
KAMPER

Jy pak alles in vir Desember of Paasnaweek. Jy soek gerief, familiepret en goeie plekke.

Beste vakansie kampplekke

LANKSTAAN
KAMPER

Jy bly vir weke of maande op een plek. Jou kamp word jou tydelike huis.

Wenkelys vir lankstaan

PERMANENTE
KAMPER

Kamp is jou leefstyl. Jy woon voltyds in jou wa of tent en leef naby aan die aarde.

Artikels oor voltyds kamp


ARTIKELS


  • HOE MOET JY TENTPENNE INSLAAN?
    Die regte hoek is net deel van die antwoord. Wanneer ’n tentpen in die wind begin loswerk, is die eerste gedagte gewoonlik dat die pen te kort, te dun of te swak is. Dit kan die probleem wees. Maar ’n tentpen werk nie op sy eie nie. Die pen, grond, ankertou, trekhoek en diepte vorm … Read more
  • WEERLIG BY DIE KAMPTERREIN
    Weerlig by die kampterrein: Is jou tent, karavaan of sleepvoertuig veilig? Op die Hoëveld ken ons die patroon: ná ’n warm dag begin die wolke opbou, die wind draai, weerlig flits op die horison en die reën of hael volg later. Dit kan maklik voel asof die weerlig voor die donderstorm kom. Meteorologies gesproke is … Read more

KAMPPLEKKE PER PROVINSIE

Sluit aan by ons Facebook-groep.
Net promosies met waarde. Geen oordeel. Net egte raad.