MARTHINA SE SAADBESKUIT

(Saadbeskuit met minder suiker)

Elke kampvrou het haar eie resepte vir alles waarvan haar gesin hou.

Resepte word van geslag na geslag oorgedra, tussen vriendinne en familie uitgeruil, en elke bakster heg haar eie vertolking aan die resep sodat dit aanpas by haar en haar gesin se smaak.

Die Afrikaanse gemeenskap het tradisionele resepte soos melktert, bobotie, vetkoek en beskuit as deel van hul erfenis. Resepte verskaf ‘n gevoel van kontinuïteit in ‘n wêreld waarin alles voortdurend verander en aanpas.

Beskuit is deel van kamp soos braaivleis, bier en biltong. Dit is nie net ‘n gerieflike vat-in-die-hand eet-ding nie, maar ‘n deel van baie kampers se oggend roetine.

Maar, soos daar verskillende voorkeure vir kampplekke onder kampers is, is daar verskillende beskuit smake. Sommige hou van anys, ander van karringmelk, party van semels and ander weer van gewone boerbeskuit sonder fieterjasies. Al waaroor daar konsensus is, is dat beskuit in jou oggend-koffie gedoop moet word.

Ons ouer kampers gebruik resepte waarvan hulle hou en sommer die lewe vir hulle makliker maak. Hierdie saadbeskuit resep is ‘n variasie op ‘n bestaande resep en werk baie goed vir ons vroeg-oggend gemak en gesondheid.

Beskuit in die oggend bepaal hoe goed my dag gaan wees.

Hier is Marthina se Saadbeskuit (met minder suiker).

Bestanddele:

  • 5 K nutty wheat
  • 1 t koeksoda
  • 1 t kremetart
  • 5 t bakpoeier
  • 1 t sout
  • 1/2 K bruinsuiker
  • 1/2 K gemengde sade (in die winkel is dit linseed, pumpkin seed, sesame seed, sunflower seed)
  • 250 g botter
  • 2 eiers
  • 1/2 K melk
  • 2 E heuning

Metode:

  1. Meng droë bestanddele saam.
  2. Vryf sagte botter met vingerpunte in.
  3. Klits eiers, melk en heuning en voeg by deegmengsel.
  4. Meng goed en plaas in bakpan.
  5. Bak ongeveer 50 minute tot 1 uur lank in 180 grade Celsius.
  6. Sny en droog by 90 – 100 grade in oond tot beskuit droog is. (2 ure in airfryer oondjie).
Marthina se saadbeskuit
Nutty wheat, sade, bruinsuiker
Reg vir droog
Beskuit in die oond

Written by Nico

Lankstaan kamper. Niche webblad eienaar. Drie jaar langs die Suid-Afrikaanse kus en in die Karoo getoer en gekamp. Oud in jare en voorkoms maar die gesondheid hou. Ek bedryf Altydkampers, AllSeasoncampers.co.za, Centurionliving.co.za, Honeybuzz.co.za, Maxconcamping.co.za